Date: 5/23/2008
Mad Poet 44
........
.......
>>>Download Pic<<<
Jou Ware Dans-genoot
...Ek hoor n skoot. Skielik val sy.
En sy is dood.
...Hy verstik. Daar was gif in sy
brood.
...In die donker nag en in die
skadu's van die dag fluister ek
saggies ...jou ware dans-genoot.
Van geboorte af het jy my jou
hand gegee, van toe af walts ek
en jy tree vir tree.
(wie is ek? ...ek weet jy wil dit se)
Van die vrome onskuldige insekt
wat jy intiem vergrysel tot die bus
wat jou tref en ek jou dan passievol
swaai en jou bedwellemd en bekoord
sleep oor growwe teer en warm
plafysel.
(wie is ek? - ek weet dat jy dit nog
altyd weet - want ek het jou vas in
ons dans-greep!)
Voel my palm in jou palm, kom
dan draai ek jou geleidelik melodies
vir ou laas aan die brand.
Kom ons dans tot aan die
ander kant!
..ek was die virus in haar bloed!
Toe doen ek die tango met haar
hart se klop! Met haar brandende
passie vir ons sexy dans ..het
sy haar geliefde kinders te vroeg
gegroet!
...Op die regte tyd, stylvol en met
toepaslike taktiek sal ek jou betower,
op die regte noot, geheimsinnig sal
ek jou hart verower!
Ek is jou ware dans-genoot.
Kom en dans met die Dood!
...Gee my jou hand en geleidelik
sal ek jou lei, en ons gaan dans tot
aan die ander kant!

NEXT/INDEX(new portal)
Blogs
Main